Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Munch die selakantvis ‘eet’ rommel om te herwin
Munch is gevul met die skool se afval wat herwin gaan word.Foto: VERSKAF

Motherwell – Mfesane Secondary School in Motherwell het hul eerste opnames oor rommel op hul skoolterrein uitgevoer deur die afval te sorteer en weg te stuur om te herwin. Dit word met behulp van ’n groot selakantvis van draadwerk, bekend as “Munch” , gedoen.

Munch is deur broer en suster Jemima (9) en Gabriel Reilly (12) gestig in samewerking met Sustainable Seas Trust (SST), ’n organisasie sonder winsbejag.

Munch is ’n herwinningsinisiatief wat tussen skole geskuif word om te help om afval by die bron te versamel en te sorteer, voordat dit in die see beland.

Binne twee weke nadat die herwinningsinisiatief aangeneem is, het die skool se omgewingsklub se leerlinge vir Munch met rommel van hul skool gevul.

“Die koördineerder, stigter en onderwyser van die omgewingsklub, Patricia Mapuma, was baie trots op die leerlinge van die omgewingsklub.

Munch is ’n herwinningsinisiatief wat tussen skole geskuif word om te help om afval by die bron te versamel en te sorteer, voordat dit in die see beland.

“Ongeag hoe besig hulle met eksamens was, het dit hulle nie verhinder om opnames van die rommel gedurende die pouse te doen nie,” sê Nozi Mbongwa, SST-onderwyshoof.

Mfesane Secondary School het die eerste skool geword wat by SST se Munch on the Move-opleidingsprogram aangesluit het en Munch vir ’n maand aangeneem het.

Die skool het weekliks opnames oor rommel op die skoolterrein uitgevoer. Hulle kon egter nie week drie opnames voltooi nie weens die Covid-19-pandemie wat tot skoolsluitings gelei het.

Munch is in vyf afvalkomponente verdeel: plastiekdoppies, PET-bottels, papier, HDPE-plastiekitems en aluminiumblikke.

Die skool het 27 kg wit papier, 6 kg aluminiumblikkies, 6 kg HDPE-plastiek, 12 kg PET-plastiekbottels, 5 kg botteldoppe en een sak suigstokkies versamel.

Meer oor:  Motherwell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.