Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Musiek-ikoon Johnny Clegg sterf op 66
Johnny Clegg. Foto: Gallo Images

Die immergewilde Suid-Afrikaanse musikant Johnny Clegg is Dinsdagmiddag in die ouderdom van 66 aan kanker van die pankreas dood.

Hy het tuis in Johannesburg gesterf, sê Roddy Quinn, Clegg se bestuurder, vriend en familiewoordvoerder in ’n verklaring.

Sy unieke en magiese samesmelting van Zoeloe-ritmes en melodieë met folk-, pop- en Afrika-invloede het meer as vier dekades lank wêreldwyd aandag getrek.

Nie net sal hy onthou word vir sy aansteeklike musiek nie, maar ook vir sy sagte gees, nederigheid en diep liefde vir sy land en al sy mense.

Clegg is op 7 Junie 1953 in die Engelse dorp Bacup in Lancashire gebore en het saam met sy Rhodesiese ma na Johannesburg getrek toe hy ses jaar oud was.

Sy blootstelling aan Zoeloe-trekarbeiders tydens sy grootwordjare het hom aan die kultuur en musiek bekend gestel.

Pankreaskanker is in 2015 by Clegg gediagnoseer, maar hy het steeds oor die hele wêreld heen opgetree.

Hy word oorleef deur sy vrou van 31 jaar, Jenny, en hul twee seuns, Jesse en Jaron.

“Sy heengaan het ons hartseer gelaat en ons versoek dat die familie se privaatheid gerespekteer word gedurende hierdie moeilike tyd,” sê Quinn.

Die gesin sal ’n private begrafnisdiens hou, sowel as ’n diens vir die publiek.

Meer besonderhede oor die openbare diens sal nog bekend gemaak word.

* Clegg is in Desember verlede jaar verras deur 'n opname van sy lied "The Crossing". 

''Ek is stomgeslaan, baie dankie! Dit is 'n ongelooflike oomblik dat so baie van my portuurgroep erkenning gee aan die lied en sy sentimente en dat hulle dit kan gebruik om iets wat baie groter as ons almal is te bevorder," het Clegg in Desember gesê.

Peter Gabriel, David Kramer, Arno Carstens, Gloria Bosman, Dave Matthews, Bobby van Jaarsveld, Elvis Blue, Francois van Coke, Karen Zoid, Dorothy Masuka en Kurt Darren het onder meer aan die opname deelgeneem. 

Meer oor:  Johnny Clegg  |  Afsterwe  |  Musikant  |  Huldeblyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.