Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
'My hart breek elke keer as ek Johnny sien'
Johnny Pienaar, die 18 maande oue seuntjie wat Maandagaand per ongeluk in ’n bad vol kokende water geval het.Foto: Facebook

Die egpaar van ’n 18 maande oue seun wat Maandagaand per ongeluk in ’n bad vol vuurwarm water by hul huis in Vanderbijlpark in Gauteng geval het, is dankbaar vir al die ondersteuning wat hulle kry.

“Ek en my vrou kan nie glo hoe mense ons ondersteun nie,” het John Pienaar (25), pa van Johnny, wat ernstige brandwonde oor 57% van sy lyf opgedoen het, Woensdag aan Netwerk24 gesê.

“Daar wag ’n lang pad na herstel vir my seuntjie voor, maar ons glo dat dit elke dag ’n bietjie beter sal gaan, veral as mens sien hoe vriende, familie en selfs wildvreemde mense ons as ’n gesin deur die moeilike tyd dra.

“Ek kry sommer trane in my oë as ek aan al die ondersteuning wat ons ontvang, dink. Daar het juis vandag twee dominees die hospitaal besoek om vir Johnny te bid.

“’n Dominee van Bloemfontein het ook gebel en gesê dat hy sedert die voorval sonder ophou vir ons bid,” sê Pienaar, wat saam met sy vrou, Dernica (22), by ’n familielid in Emalahleni (Witbank) woon sodat hulle Johnny by die Life Cosmos-hospitaal se brandeenheid kan besoek.

Johnny Pienaar, die 18 maande oue seuntjie wat Maandagaand per ongeluk in ’n bad vol kokende water geval het.Foto: Facebook

Johnny se ouer broer, Hannes (5), het by familie in Vanderbijlpark agtergebly. “Ons bel Hannes en vertel hom hoe dit met Johnny gaan, maar ons wil hom nie te veel blootstel aan te veel negatiewe dinge nie omdat hy nog maar klein is,” sê Pienaar.

“Die dokters het Dinsdag kunsvel op die wonde geplaas om te help dat Johnny vinniger gesond word en om die kans op infeksie te verminder.

“My hart breek elke keer as ek Johnny sien, maar ek bid en glo dat die Here ons deur hierdie moeilike tyd sal bystaan en hy sommer gou weer volkome sal herstel,” sê Pienaar.

Meer oor:  John Pienaar  |  Gauteng  |  Badongeluk  |  Peuter Val In Bad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.