Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘My hart is nie om op tone te trap’ – Gretha Wiid
Die skrywer en spreker Gretha Wiid probeer in ’n video konteks gee oor ’n gedeelte uit haar boek wat mense warm onder die kraag gehad het. Foto: Lisa Hnatowicz

Nadat die spreker en skrywer Gretha Wiid in die sosiale media gestenig is en die dood selfs oor haar kinders “uitgespreek” is, het sy gesê sy gaan nie haar boek of haarself verdedig nie, maar “konteks gee”.

Wiid het Sondag op haar Facebookblad in ’n video gesê sy het ná ’n week waarin sy menings van “duisende oningeligte mense” gehoor het, besluit om haar mening, hart en dit waarvoor sy staan te deel. Daarmee saam “die waarheid en korrekte konteks”.

Die herrie wat in die sosiale media losgebars het, handel oor ’n gedeelte oor homoseksualiteit in haar boek Lyfslim vir seuns. Klagtes oor die inhoud van die boek en verwysings daarin na gays is by die Menseregtekommissie teen haar aanhangig gemaak.

“Ek kan nie om verskoning vra vir dit wat ek al by kinders gesien het of die kennisveld wat ek het nie, want daarvan het ek baie. Ek het hierdie pad al saam met baie ouers gestap.

“Ek kan nie verskoning maak vir dinge wat ek voor my sien gebeur het nie en wat ek in die boek vervat het nie. As ek jou as kind of ouers wat in hierdie situasie is te na gekom het weens my woordkeuses in die boek, kan ek daarvoor om verskoning vra. My hart is nie om op tone te trap nie,” het sy gesê.

Volgens Wiid is sy deur baie mense beskuldig dat sy homofobies is. “Ek het nooit gesê gay mense gaan hel toe nie, ook nie dat om homoseksueel te wees hartseer is nie, maar eerder die omstandighede en dit waardeur hulle gaan hartseer is.

“Die saak (van homoseksualiteit) is baie nader aan my hart as wat mense kan besef. Ek het deur familie naby aan my, my eie broer, die struggle leer ken. Ek het die alleenheid leer ken, ek weet hoe die samelewing na hierdie dinge kyk, ek weet wat die geestelike vraagstukke rondom die ding is.

“Ons lewe in ’n tyd wat mense baie onverdraagsaam met mekaar is. Dit was hartseer hoe mense my vloek, my slegsê en dinge oor my ouers en kinders uitspreek. Nietemin kies ek om diesulkes te vergewe. Dankie aan elkeen van die gay gemeenskap wat my genader het vir my opinie op ’n billike en ordentlike manier.

“Wat die ongenaakbare klomp betref wat in sulke swak taalgebruik verval het; ek is dankbaar dat julle nie verteenwoordigend is van ’n hele gemeenskap nie.

“Kan ons as kinders van die Here aanvaar dat nie almal ons mening gaan deel nie? Dat my interpretasie van die Woord dalk nie joune deel nie of dat ons nie bang hoef te wees vir mense wat anders is nie?”

Wiid het gesê boek is reeds in 2009 gepubliseer en die teikenmark is vir seuns tussen 10 en 13 jaar oud. 

Meer oor:  Gretha Wiid  |  Facebook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.