Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
My hart is saam met haar dood, sê minnares se man
Candice Delport

"Die liefde van my lewe is van my weggeneem."

So het Manna Delport (30) van Komatiepoort Saterdagaand gesê toe hy bevestig het dit was sy vrou, Candice (27), wat saam met haar minnaar naby Carolina in 'n vliegtuigongeluk dood is.

“Dit is my vrou en sy is dood,” het Manna gesê.

Volgens hom was hulle nog getroud en was die egskeidingsdokumente nog nie opgestel nie.

“Die man wat die vliegtuig gevlieg het, het die liefde van my lewe van my weggeneem.”

Die vliegtuig het aan Herklaas Smit behoort en hy was die vlieënier Saterdagoggend toe hulle neergestort.

Die egpaar het ’n jong dogtertjie, Leoné (3). Hulle het mekaar in 2007 ontmoet en is in 2012 getroud.

Ek het laat aande gewerk en dit is toe dat die verhouding tussen Candice en Herklaas begin het.
Manna Delport

Candice het sowat ’n maand gelede as ’n gr. 2-onderwyser by Riverview Prepatory School op Malelane begin werk.

Manna, ’n piesangboer, het Herklaas se pa, Hentie Smit, se kunsmisonderneming bestuur.

“Ek het laat aande gewerk en dit is toe dat die verhouding tussen Candice en Herklaas begin het. Dit het vir twee jaar geduur en Candice het die laaste ruk by haar familie gewoon,” het hy gesê.

Hul dogtertjie was Saterdag by haar pa toe Candice gaan vlieg het.

“Ons het eers net gehoor van Smit wat verongeluk het en ek het nie geweet of Candice saam met hom was nie,” het Delport gesê.

Maar die nuus het hom vining bereik, waarna die familie in kennis gestel is. Almal – Delport se ouers en skoonfamilie – het by sy huis bymekaargekom om die skok te verwerk.

Delport het haar as ’n beeldskone vrou en goeie ma beskryf.

Delport het gesê dat Candice steeds die liefde van sy lewe is.

“My hart is saam met haar in daardie ongeluk dood.”


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.