Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘My siel is nie te koop nie,’ sê regter Mogoeng

Niemand is bo die wet verhewe nie en geen staatsgesag is immuun daarteen om verantwoordbaar gehou te word nie.

Dít was van die sterk standpunte wat hoofregter Mogoeng Mogoeng Donderdag in ’n onderhoud met Netwerk24 uitgespreek het – ’n week ná sy Nkandla-uitspraak in die konstitusionele hof.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng tydens sy onderhoud met Netwerk24 in ’n hotel in Seepunt. Foto: Leánne Stander

“Kan jy ooit toegelaat word om te doen wat jy wil sonder gevolge omdat jy ’n politikus is? Die antwoord is nee.

Niemand is bo die wet verhewe nie,” het hy gesê.

Mogoeng was die afgelope week in Kaapstad vir die Regterlike Dienskommissie (RDK) se onderhoude met voornemende regters.

Verskeie politici in dié kommissie het deur die loop van die week kandidate gepols oor die onafhanklikheid van die regbank en of daar meganismes behoort te wees wat die regbank verantwoordbaar hou.

“Ek maak al die punt vandat ek aangestel is en baie mense het my verkeerd verstaan. Regters moenie slegs onafhanklik wees van lede van die uitvoerende gesag of die parlement nie.

“Hulle moet onafhanklik wees van enige persoon of liggaam wat die potensiaal het om hulle oormatig te beïnvloed. Dit sluit groot sake, opposisiepartye en selfs die media in,” het Mogoeng gesê.

Ons moet geen simpatie met die praktyk van korrupsie hê nie.

“Niemand mag hof toe gaan met die sekerheid dat hulle gaan kry wat hulle wil hê nie, want slegs ’n korrupte of gekaapte regbank kan dit toelaat. En daar mag vir niemand die moontlikheid wees om die regbank te kaap nie.”

Hy is egter ernstig oor die verdeling van magte en dat Suid-Afrikaners moet verstaan dat net soos wat die parlement nie aan die howe mag dikteer hoe om uitspraak te lewer nie, hy ook nie aan die parlement kan voorskryf hoe om te werk te gaan nie.

“Die Grondwet verhoed ons om in te meng by mekaar se sake,” het hy beaam. “Geen staatsgesag is immuun daarteen om verantwoordbaar gehou te word nie en geen staatsgesag word teen kritiek beskerm nie.”

Ek wil nie ’n held wees nie. Ek probeer nie ’n nalatenskap los nie.

Die hoofregter het gesê hy dink nie Suid-Afrikaners besef aldag hoe belangrik dit is dat regters sonder vrees, gunstigheid of vooroordeel uitsprake moet kan lewer nie.

“Ons moet geen simpatie met die praktyk van korrupsie hê nie. Dit is iets wat verafsku moet word en genadeloos uitgeroei moet word. En ons as regters se taalgebruik mag nooit só wees dat ons simpatiek oorkom oor korrupsie nie.”

Mogoeng het verlede week talle van sy kritici se monde gesnoer met sy uitspraak in die Nkandla-saak.

“Ek wil nie ’n held wees nie. Ek probeer nie ’n nalatenskap los nie. Dit behoort nooit ’n oorweging te wees nie. Jy het ’n werk om te doen waarvoor jy elke maand betaal word, en dis wat ek doen,” het hy gesê. “Ek sê dit al vandat ek aangestel is. My siel is nie te koop nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.