Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Myners vasgekeer in Orkney; ergste gevrees

Vier mynwerkers is vasgekeer in ’n myn in Orkney en daar word gevrees hulle is dood.

Village Main Reef se Tau Lekoa-goudmyn.

Dit kom nadat seismiese aktiwiteite Vrydag in die gebied voorgekom het en die mynwerkers by die Tau Lekoa-myn vasgekeer geraak het.

Livhuwani Mammburu, woordvoerder van die vakbond NUM, het die voorval bevestig en gesê die seismiese aktiwiteite het Vrydag rondom middagete voorgekom.

Vyf werkers is vasgekeer waarna hulle een gered kon kry. Die res is nog ondergronds.

Die man wat gered is het ernstige beserings opgedoen en is na die hospitaal gehaas, het Mammburu gesê.

Reddingswerkers is tans op die toneel en spook nog om by die vier uit te kom.

“Die myners het opgehou om op kommunikasie te reageer, wat vir ons ’n groot bron van kommer is,” het Mammburu aan News24 gesê.

Joseph Montisetse, NUM-president, het aan eNCA gesê ’n span werk sonder ophou om die vasgekeerdes te bevry.

In 2017 het seismiese aktiwiteite by dieselfde myn in Noordwes die lewe van drie mense geëis, aldus TimesLive.

Meer oor:  Tau Lekoa-Myn  |  Orkney
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.