Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Mynwerker se lyk gevind

Een van die twee vermiste mynwerkers wat Dinsdagoggend in die Gamsberg-oopgroefmyn by Aggeneys in die Noord-Kaap onder puin vasgekeer is nadat ’n wand van die myn ingestort het, se lyk is gevind.

Melvin Saal (45) se lyk is laat Donderdagmiddag deur lede van die soek-en-reddingspanne onder die puin in die suidelike groef opgespoor.

Saal was ’n laaivoorman by Moolmans (Edms) Bpk.

Hy laat sy vrou en drie kinders agter.

Vedanta Zinc International (VZI) het Donderdagaand in ’n verklaring gesê die maatskappy is uiters hartseer en betuig sy innige simpatie met Saal se gesin en sy familie.

Die puin van die westelike wand by die suidelike groef van die Gamsberg-oopgroefmyn het bo-op myntoerusting en tien mynwerkers beland. Agt is later die oggend gered en die lyk van Melvin Saal is laat Donderdagmiddag gevind.

“Ons verbind ons daartoe om die gesin in die komende weke en maande by te staan. Ons innige meegevoel gaan uit aan sy familie, vriende en kollegas.”

VZI sê die welstand van sy werknemers word hoog op prys gestel en berading sal aan die gesin en Saal se kollegas beskikbaar wees.

Volgens die bestuur van VZI, Gamsberg Mine (Black Mountain Mining (Edms) Bpk en Moolmans (Edms) Bpk het die westelike wand van die suidelike groef Dinsdag om 01:15 weens ’n geotegniese fout meegegee.

Tien mynwerkers wat onder in die myn was toe die wand ingestort het, was onder die puin vasgekeer.

Agt van die werkers is reeds later Dinsdagoggend gered en met helikopters na ’n hospitaal geneem.

Alle mynbedrywighede by die Gamsberg-myn is dadelik gestaak.

Inspekteurs van die departement van mineralebronne en energie het Dinsdag saam met die bestuur van die myn en verteenwoordigers van die unies inspeksies by die myn gedoen.

Die soektog na die laaste vermiste werknemer is intussen voortgesit.

Buiten die Black Mountain Complex Proto-span en die mynreddingsdienste is honde, hommeltuie en helikopters ook ingespan om met die soektog na die vermiste werker te help.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Lyke  |  Myn  |  Vasgekeer  |  Mynwerkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.