Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
'n 'Brandende streep' toe vliegtuig opstyg
Foto: Andre Pio
Foto: André Pio

’n Vliegtuig het Dinsdagmiddag laat met ’n “oorverdowende slag” op ’n oop stuk veld van ’n sakeperseel by die Moloto-pad neergestort nadat ’n gedeelte daarvan glo vlamgevat het.

Stuart Bird, ’n strukturele vliegtuigingeneur, het op die toneel vertel dat die vliegtuig se enjin by die Wonderboom-lughawe aan die brand geslaan het toe dit daar opgestyg het. Hy was self in daardie stadium by die lughawe.

Videomateriaal wat by die lughawe geneem is, wys hoe ’n donker streep vanaf die “groterige vliegtuig” gerook het terwyl die vliegtuig van die aanloopbaan af opstyg.

Die vliegtuig het glo te midde van die vlug omgedraai om weer na die aanloopbaan terug te vlieg, maar het onderweg soontoe neergestort. Die agterkant van die vliegtuig het ’n fabriek op 'n sakeperseel getref.

Foto: Deaan Vivier

Johan Pieterse, woordvoerder van Tshwane-nooddienste, het op die toneel gesê daar was altesaam 19 passassiers in die vliegtuig. Hy het gesê een persoon is dood en 18 is beseer. Nog twee mense wat in die fabriek was, is beseer.

Volgens paramedici op die toneel het hulle omstreeks 16:30 die eerste noodoproep oor die ongeluk ontvang.

Tyephos Shava (33), oorsigbestuurder van die Sakabuka-kennels, wat langs die onderneming geleë is, het die ongeluk sien gebeur.

Na ’n “oorverdowende geluid” het hy gesien hoe minstens vier mense stil in die oop stuk veld gelê het.

“Daar was ’n vrou wat teen die heining beland het. Sy het nie beweeg nie en ’n ent verder het drie mans gelê.”

Hy sê die agterkant van die vliegtuig het aan die brand geslaan. Van die oorlewendes in die vliegtuig het rigtingloos daaruit begin hardloop, sê hy.

SJ Fourie, operasionele bevelvoerder van  Emer-g-med in  Pretoria, sê die vlieënier en die assistent-vlieënier was in die kajuit vasgekeer. Nooddienswerkers moes hulle daar uitsny.

Minstens drie noodhelikopters het pasiënte wat in ’n kritieke toestand is, van die toneel na hospitale gebring.

Volgens inligting is die vliegtuig onlangs deur ’n Nederlander oorgekoop. Dit was die eerste vlug onder die nuwe eienaarskap.




Meer oor:  Vliegongeluk  |  Pretoria
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.