Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
’n Fregatslag in die hawe

Links... regs... Nee, links! Oeps!

Die vloot is met rooi gesigte gelaat ná ’n amper katastrofale glips die afgelope Donderdag toe die fregat SAS Spioenkop met die SAS Drakensberg in die hawe in Simonstad gebots het.

Die vloot het dié botsing, wat omstreeks 15:30 gebeur het nadat die Spioenkop van seetoetse teruggekeer het, as “liggies” beskryf. Kdr. Greyling van den Berg, vloot-woordvoerder, sê sleepbote het die SAS Spioenkop na die vasmeerplek begelei.

Volgens Van der Berg was daar moontlik ’n fout in die meganiese óf kommunikasiestelsel “op ’n tyd toe die fregat veronderstel was om spoed te verminder”. Dapper pogings van die sleepbote aan weerskante van die skip om dié se spoed te verminder, was tevergeefs.

Albei skepe het skade bokant die waterlyn opgedoen, en nie een het water ingeneem nie. Die oorsake gaan ondersoek word.

Die insident kom weke ná ’n sleepboot van die vloot, die 39 jaar oue De Mist, wat uit diens onttrek is, in Simonstad se hawe in ’n sterk wind gesink het.

Meer oor:  Simonstad  |  Vloot
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.