Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
’n Geskenk vir Gift
Gift Phasha (28) ontmoet sy helde en ontvang sy nuwe rolstoel.Foto: Verskaf

Kaizer Chiefs het Dinsdag danksy Gift of the Givers, ’n nie-regeringsorganisasie, ’n baie spesiale eregas by hul wedstryd teen Polokwane City gehad.

Gift Phasha (28) is sedert sy kinderdae in ’n rolstoel en kan nie ’n woord praat nie, maar ken al die spelers se name en is volgens sy familie ’n groot Chiefs ondersteuner.

Gift, van Mafefe in Limpopo, is op nege maande met vog op die brein (hydrocephalus) gediagnoseer.

Die dokters het ’n stent in sy brein geplaas om die vog te dreineer, maar moes sy familie meedeel dat die brein nie verder sal kan groei nie.

Sy neef Kjanya sê dit is Gift se lewenslange droom om ’n Kaizer Chiefs-wedstryd by te woon en hy het homself vanjaar voorgeneem om die droom vir sy nefie te bewaarheid.

Khanya het Gift of the Givers genader vir ’n spesiale rolstoel sodat Gift Dinsdag se wedstryd kon bywoon en die organisasie het besluit om sy droom waar te maak.

Gift het boonop Maandagaand die geleentheid gekry om van sy helde in die span persoonlik te ontmoet.

“My nefie is in 1989 met vog op die brein gediagnoseer en ek het hard en lank besin oor maniere om hom met sy mobiliteit te help,” sê Kjanya in sy e-pos aan Gift of the Givers.

“Ons het vir hom ’n rolstoel gekry, maar dié het nou te klein geword vir hom en hy kan dit nie meer gebruik of daarmee reis nie.”

Kjanya verduidelik verder dat Gift se ouers nie ’n nuwe rolstoel wat vir sy lengte en gewig geskik is kan bekostig nie.

Gift of the Givers en Kaizer Chiefs het Gift se nuwe rolstoel Maandag by die The Ranch Protea Hotel in Limpopo aan hom oorhandig.

Sy helde het Dinsdag gelykop gespeel teen Polokwane City, maar dit blus beslis nie Gift se geesdrif vir sy span nie.

Sy familie sê Gift mis nooit ’n wedstryd nie, ken al die spelers, weet wanneer elke wedstryd gespeel word en het selfs ’n manier gekry om die afstandbeheer te gebruik om kanale oor te skakel.

“God werk deur Gift en is besig om ons te wys dat hy wonderlike dinge kan doen,” sê Kjanya.

Meer oor:  Gift Of The Givers  |  Kaizer Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.