Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
’n Jaar later: ‘Mens verlang in alles wat jy doen’

Die jong Kaapse vrou wie se hele gesin verlede Paasnaweek van haar weggeruk is in ’n ongeluk naby Napier, sê die verlange en die leemte wat hulle laat, is konstant daar.

“Mens verlang in alles wat jy doen,” sê Marzell Newman (25).

Sy het ’n jaar gelede haar ouers, Mike (53) en Zelda Newman (50), haar suster, Chanté (21), haar ouma Hazell Newman (77), en haar oupa en ouma Johan (85) en Maria Pieterse (84) op een slag verloor.

Die ongeluk het ook twee passasiers van ’n bakkie, Jan Bitterhout (86) en Ralph Roux (58), se lewens geëis.

“Hoe dit gaan is ’n moeilike vraag om te antwoord. Dit gaan oukei, die verlange en leemte is konstant daar, dis die hartseer wat kom en gaan. Dit slaan hard,” sê Marzell.

Marzell Newman het verlede jaar op Moedersdag ’n aalwyn geplant ter herinnering aan haar afgestorwe gesinslede. By haar is haar kêrel, Armand van Wyk, en haar oom Francois Newman.

Sy sê dat sy pas bedank het om haarself tyd te gun om deur alles te werk en tyd aan haarself en haar emosies te bestee.

“Dit was een van die moeilikste besluite nóg, maar een wat ek moes neem om te probeer voortgaan.”

Marzell sê elke dag kom met dinge wat moeilik is.

“Klein oomblikke wat ek wens my familie was daar om saam met my deur te maak.”

Sy sê sy weet nie of dit ooit makliker raak nie.

“Ek dink ’n mens leer net om daarmee saam te leef. Ek is in hierdie stadium nog saam met my verloofde en sy familie – ek weet eerlikwaar nie waar ek sou gewees het sonder hulle nie,” sê Marzell.

Sy en Armand van Wyk, asook sy suster en haar man woon saam in Plattekloof.

“Na ’n jaar kyk ’n mens terug na al die warrelwindgevoelens wat jou elke dag oorrompel en besef daar is nog ’n lang pad wat voorlê.

“ ’n Mens staan maar elke oggend op en kyk die lewe in die oë.”

Die enigste oorlewende van die ongeluk, Lionel Bitterhout, is lank in die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal in Kaapstad behandel nadat hy breuke aan albei sy heupe, sy borskas en ribbes, asook een enkel, opgedoen het.

Marzell was nie saam met haar gesin in die motor nie. Sy en Van Wyk het in ’n ander voertuig gery en is laat weet dat daar ’n ongeluk was. Die gesin was Paasnaweek in Agulhas en het teruggekeer na Kaapstad toe die ongeluk gebeur het.

Marzell Newman, tweede van links, by haar gesin wat kort nadat die foto geneem is, almal in die Napier-ongeluk dood is. Van links is Hazell Newman, Marzell, Chanté, Johan en Maria Pieterse en Mike en Zelda Newman.

Meer oor:  Marzell Newman  |  Napier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.