Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: N-Kaapse premier ongedeerd ná ongeluk

Die Noord-Kaap se premier is ongedeerd nadat sy ampsmotor, ’n Audi, Dinsdag in ’n botsing met ’n dubbelkajuitbakkie in Kimberley betrokke was.

Dr. Zamani Saul, premier, was glo op pad na die Frances Baard- munisipale gebou vir werkverpligtinge toe die ongeluk omstreeks 10:00 by die kruising van Schmidtsdrift- en Silsonweg gebeur het.

Dr. Zamani Saul, premier van die Noord-Kaap, was in ’n ongeluk in Kimberley betrokke. Foto: Verskaf

Albei motorbestuurders is ná die ongeluk waarin die Audi se linkervoorkant ernstig beskadig is, hospitaal toe geneem.

Bronwyn Thomas, woordvoerder van die premier, sê die premier was agter in die motor ten tyde van die ongeluk.

“Nie een van die passasiers in die motors is beseer nie.

“Die premier het dadelik ná die ongeluk toegesien dat sy personeel mediese hulp ontbied en dat die bestuurders na die hospitaal geneem word. Hy het nadat die nooddienste opgedaag het, met sy pligte voortgegaan.

“Ons het nie meer inligting oor die voorval nie.”

Volgens ’n ingeligte het die lyfwag en motorbestuurder van die Audi moontlik ’n fraktuur aan sy gewrig opgedoen. Die premier se motorbestuurder wou na bewering ’n verkeerslig oorsteek en die polisieman langs hom het sy sirene aangeskakel.

Die vrou wat die bakkie bestuur het egter nie op die sirene gereageer nie en ’n botsing het plaasgevind.

Sy is na ’n private hospitaal gebring waar sy skanderings in die ongevalleafdeling sou ondergaan. Sy wou volgens die hospitaalwoordvoerder nie kommentaar lewer nie.

Meer oor:  Dr. Zamani Saul  |  Noord-Kaap  |  Kimberley  |  Premier  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.