Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nampo: ’n Mooi bok is ’n lekker bok
Bianca Landsberg (links) en Karla Malan, albei van die Noordwes-Universiteit, wys hoe lyk die velle van Kaapse skilderbokke.Foto: Alet van der Walt

Die interessante patrone op die gebreide velle van inheemse Afrika-veldbokke is nie al wat dié bokke aantreklik maak nie, sê Hannes du Toit wat die bokke vir die Inheemse Veldbok-genootskap op Nampo uitstal.

Du Toit, wat by Soutpan buite Bloemfontein boer, het sowat 1 000 Afrikabokke en sê daar is ’n groot behoefte aan bokvleis onder mense wat nog tradisievas is.

Hy lewer maandeliks 80 bokke in KwaZulu-Natal af waar tradisionele Zoeloemans die bokke vir hul huishoudings slag.

Die bokke is ook baie gewild in die Indiër-gemeenskap.

Tradisievaste Zoeloes glo dit is die man se plig om een keer ’n maand ’n bok vir sy gesin te slag.

’n Tradisionele geneser sal dikwels aan ’n man voorskryf watter kleur bok hy moet slag. Daarom is die Afrika-veldbok met sy unieke velpatrone baie gewild in KwaZulu-Natal.

Du Toit sê daar is vier verskillende soorte. Hulle is almal van dieselfde ras, maar verskillende velpatrone het in verskillende streke van Afrika ontwikkel.

Die soorte is die Kaapse skilderbok, die Xhosa lob-ear, die Mbuzi en die Kunene.

Die gebreide velle is ’n nismark, sê Du Toit. Die groot vraag is na die bokke se vleis.

Bokvleis het minder vet as skaapvleis, maar is andersins net so smaaklik, sê hy. Die vleis kos byna dubbeld dié van skaapvleis.

Die bokke is baie vrugbaar en het uitstekende moedersinstinkte, sterker as dié van boerbokke. Een bokooi maak gemiddeld jaarliks drie lammers groot. Hulle is baie gehard en aangepas vir die plaaslike klimaat.

Du Toit boer ook met inheemse Pedi-skape en Nguni- en Boranbeeste.

“Hulle is gemaak vir Afrika,” sê hy.

Meer oor:  Nampo  |  Bokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.