Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
N1 buite Laingsburg steeds toe ná bus omslaan

Die N1-hoofweg tussen Laingsburg en Touwsrivier in die Wes-Kaap was Dinsdag teen 10:00 steeds vir verkeer gesluit nadat ’n bus van Eldo Coaches vroegoggend met 62 passasiers omgeslaan het.

Die ongeluk het sowat 10 km buite Laingsburg gebeur en ses mense is ernstig beseer en na die hospitaal in Laingsburg geneem is. ’n Vrou was ook nog onder die bus vasgekeer.

Volgens Jandré Bakker, hoof van kommunikasie van die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare

werke, word vir die polisie gewag voordat die pad heropen kan word. Die bus sal ook dan van die toneel verwyder word.

Die oorsaak van die ongeluk sal ondersoek word.

Die bus wat vroeg Dinsdagoggend buite Laingsburg omgeslaan het, lê oor die pad. Ses mense is beseer en een vrou is onder die bus vasgekeer. Foto: Verskaf


Meer oor:  Laingsburg  |  Padsterftes  |  Busongeluk  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.