Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vragmotor brand op N1 by De Doorns waar inwoners betoog

Dit blyk dat die vragmotor wat Maandagoggend op die N1-hoofweg by De Doorns in die Wes-Kaap aangeval is, verband hou met 'n betoging deur plaaslike inwoners.

" 'n Vragmotor is uitgebrand, maar niemand is in die voorval beseer nie," het Jandré Bakker, woordvoerder van die departement van vervoer in die Wes-Kaap, gesê.

Provinsiale verkeersdienste en die polisie is besig om die toneel te beveilig.

Hy het gesê die N1 is naby Sand Hills, nader aan Worcester, vir verkeer gesluit.

"Verkeer word by Orchards herlei na die agterpad en terug na die N1.”

de doors, betoging
'n Vragmotor by De Doorns op die N1-hoofweg aangeval en aan die brand gesteek. Foto: Wes-Kaapse verkeersdienste
 
De Doorns, betoging
Die N1-hoofweg by De Doorns is gesluit weens 'n betoging. Foto: Wes-Kaapse Verkeersdienste

Meer oor:  N1  |  Betogings  |  Vragmotor  |  De Doorns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.