Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
N1 by R304 gesluit ná ongeluk
Die N1 by die R304-Klipheuwel-afrit is Sondagoggend vir verkeer gesluit nadat ’n vragmotor omgeslaan het. Foto: 1 Second CPT

Die N1 by die R304-Klipheuwel-afrit in die Kaap is Sondagoggend vir verkeer gesluit nadat ’n vragmotor omgeslaan het.

Wes-Kaapse verkeersbeamptes sê niemand is in die voorval beseer nie, maar dat verkeer weens die ongeluk erg ontwrig sal word, volgens Kenny Africa, provinsiale verkeershoof.

“Motoriste wat na Kaapstad onderweg is, word versoek om van alternatiewe roetes by die brug by die Klipheuwel-afrit gebruik te maak.”

Nooddienste is steeds besig op die toneel.

Die verkeersbeamptes kan in dié stadium nie aandui hoe lank die pad gesluit gaan wees nie.

Meer oor:  Klipheuwel  |  Kaap  |  N1  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.