Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
N1 by Worcester gesluit ná botsing met 6 voertuie

Die N1 tussen Worcester en Rawsonville in die Wes-Kaap is Vrydagaand in albei rigtings gesluit weens ’n botsing reg van voor waarin ses voertuie betrokke was.

Die N1 tussen Worcester en Rawsonville is Vrydagaand gesluit ná ’n botsing reg van voor waarin ses voertuie betrokke was.Foto: Verskaf

Dit was laat Vrydagaand nog nie bekend hoeveel mense in die ongeluk beseer is nie, terwyl daar gerugte was dat mense in hul motors vasgekeer was.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, het om 21:00 bevestig dat verkeer na die R101 langs die hoofweg herlei word.

Dié motor is Vrydagaand ernstig beskadig in ’n ongeluk op die N1 tussen Worcester en Rawsonville in die Wes-Kaap. Die pad was teen 22:00 nog gesluit.Foto: Verskaf
Teen 22:00 Vrydag was die N1 tussen Worcester en Rawsonville nog gesluit ná ’n botsing reg van voor waarin ses voertuie betrokke was.Foto: Verskaf

Dié stuk pad is naby aan die Hugenote-tonnel wat Worcester en die Paarl en Kaapstad met die N1 verbind.

Verlede Vrydagaand is agt mense in drie afsonderlike ongelukke op die N1 naby Rawsonville dood.

LEES MEER: Botsing op N1 eis susters, motorsport-kampioen

Dit sluit in twee susters van Worcester en ’n motorsportkampioen van Kaapstad wat in ’n botsing reg van voor tussen ’n bakkie en ’n voertuig van die departement van korrektiewe dienste by die Rawsonville-weegbrug gesterf het.

Meer oor:  N1  |  Worcester  |  Botsing  |  Ongeluk  |  Padsluitings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.