Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
N1 weer oop nadat vragmotor omslaan

Die N1 naby De Doorns in die Wes-Kaap was Woensdagoggend gesluit nadat 'n vragmotor omgeslaan het. Die pad is intussen weer oopgestel.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het vroeër gesê die vragmotor het naby Osplaas wat minstens 11km buite De Doorns is, omgeslaan.

"Die vragmotor het omgeslaan en versper albei bane op die N1. Ons het die N1 voor De Doorns gesluit," sê Africa.

Hulle het ook die ingang tot die Hexrivierpas gesluit, maar hy sê daar is 'n alternatiewe roete vir motoriste.

"Ons sal die motoriste deur die dorp laat ry," sê Africa.

Niemand is in die ongeluk dood nie.

Meer oor:  Kenny Africa  |  N1  |  Worcester  |  De Doorns  |  Motoriste  |  Ongeluk  |  Verkeer  |  Vragmotor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.