Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
N1 in die Kaap die naweek hiér gesluit

As deel van die opgradering aan die N1 in die noordelike voorstede van Kaapstad, sal die pad tussen die Jip de Jager-afrit en die Durbanweg-oprit die naweek gesluit wees.

Luidens ’n kennisgewing van die Wes-Kaapse provinsiale departement van vervoer en openbare werke, sal die uitgaande baan tussen die afrit by Jip de Jager-rylaan en die oprit na Durbanweg van Vrydag om 19:00 tot Maandagoggend 05:00 gesluit wees.

Dit is deel van die opgradering van R487 miljoen om ’n derde baan in albei rigtings tot die N1 te voeg. Die departement sê in ’n verklaring die projek sal na verwagting vroeg in Mei 2019 voltooi wees.

Die sluiting van die N1 die naweek hou verband met die opknapping van die padoppervlak tussen Jip de Jager-rylaan en Durbanweg. Dit is reeds voltooi op die inkomende baan en al 50% op die uitgaande baan voltooi. Die departement sê dié deel van die werk sal na verwagting einde Maart afgehandel wees.

Van die ander uitstaande werk sluit in:

* die voltooiing van die derde baan – teenaan die middelbaan – tussen Durbanweg en die R300-afrit;

* rehabilitasie van die padoppervlak by die Old Oak- en Durbanweg-wisselaars (ingaande bane);

* die rehabilitasie van die padoppervlak tussen die Jip de Jager-rylaan en Old Oak-wisselaar (uitgaande bane); en

* die voltooiing van die bykomende bane tussen die Durbanweg- en die Old Oak-wisselaar (ingaande en uitgaande).

Volgens die departement het hierdie projek ’n aantal geleenthede vir korttermynposte en vaardigheidsontwikkeling geskep. Tot en met Januarie 2019 is R39 miljoen aan geteikende arbeid en ondernemings bestee en 37 517 werkdae is geskep vir mense wat naby hierdie deel van die hoofweg woon.

Die kennisgewing van die departement van vervoer en openbare werke.Foto: Verskaf
Die deel van die snelweg wat oor die naweek gesluit gaan wees. Foto: Verskaf
Meer oor:  Kaapstad  |  N1  |  Padwerke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.