Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
N1 in Kaapstad volgende naweek gesluit
Grafika24

Die N1 in Kaapstad gaan ’n hele naweek weens padwerke gesluit wees.

Die Wes-Kaapse departement van vervoer sê in ’n kennisgewing die N1 sal op 26 Oktober van 19:00 tot 29 Oktober om 05:00 tussen Jip de Jager-rylaan en Durbanweg vir verkeer gesluit wees.

Malherbe Nienaber berig die opknappingswerk van R487 miljoen aan die N1 tussen Plattekloofweg en die Old Oak-wisselaar was einde September 60% voltooi en sal na verwagting teen Mei 2019 afgehandel wees.

W

erk om die hoofwegbestuurstelsel, optieseveselkabel en die Wemmershoek-pypleiding te installeer, asook die bou van betonkeerwalle is afgehandel.

Daarby is ’n tydelike verlegging van die afrit na Old Oak-weg en fase 1 van die verbreding van die derde baan by die verkeerseiland voltooi.

Nuwe bane is tussen die Old Oak-wisselaar en die R300 afgemerk om verkeersdrukte te verlig terwyl die bouwerk aan die gang is.

Na raming gebruik 120 000 voertuie daagliks in spitstyd dié deel van die N1.

Volgens die departement sal die byvoeging van ’n derde baan in albei rigtings die verkeer op een van Kaapstad se besigste paaie aansienlik verlig.

Die huidige padwerke sluit in die herstel van sypaadjies, wat teen Oktober voltooi moet word, fase 2 van die verbreding van die verkeerseiland en die oprig van betonversperrings by die verkeerseiland, wat al 75% voltooi is.

Werk aan die verbreding van nog ’n inkomende baan tussen Durbanweg en Jip de Jager-rylaan is al halfpad, terwyl die Jip de Jager- en Old Oak-wisselaar ook verbreed word.

Daarby word die westelike deel van die Old Oak-brug oor die N1 herbou. Dit sal na verwagting teen die einde van die jaar klaar wees.

Meer oor:  N1  |  Padwerke  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.