Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
N12 tussen De Rust, O’hoorn weer oop ná betoging
Die polisie was Woensdag op die toneel op die N12 tussen Oudtshoorn en De Rust waar betogers die pad versper het. Foto: Oudtshoorn-munisipaliteit

Die N12 tussen De Rust en Oudtshoorn in die Klein-Karoo is weer vir verkeer oopgestel nadat dit Woensdag ’n ruk lank weens ’n betoging gesluit is.

Die pad is onder meer met brandende bande versper.

Die Oudtshoorn-munisipaliteit sê in ’n verklaring inwoners van die Rosevalley-gebied dring aan op werkgeleenthede by ’n projek om die N12 tussen De Rust en Oudtshoorn op te knap.

Die betogers het die pad Woensdag kort voor 12:00 met klippe en brandende bande versper. Die polisie was op die toneel. Die verkeer is herlei. Die pad is omstreeks 13:30 weer oopgestel.

Die munisipaliteit sê in ’n verklaring dat Jerome Lambaatjeen, die raadslid vir die gebied, en ’n pad-ingenieur van die Oudtshoorn-munisipaliteit, die ontevredenes toegespreek het.

’n Vergadering met alle belanghebbendes is belê vir Maandag by die plaaslike gemeenskapsaal. Verteenwoordigers van die ontevrede groep inwoners, die konstruksiemaatskappy en die munisipaliteit se leierskap sal onder meer die vergadering bywoon, luidens die verklaring.

Meer oor:  De Rust  |  N12  |  Betogers  |  Betogimg Pad Versper  |  Pad Oop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.