Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
N14 by Centurion deels vir verkeer gesluit
Twee bane van die N14-snelweg in Centurion was gesluit.Foto: ER24
’n Vrou is op die toneel dood en drie ander mense is beseer.Foto: ER24

Daar was Maandag groot vertragings op die N14-snelweg by Centurion, nadat twee bane in ’n suidelike rigting gesluit moes word weens ’n kettingbotsing naby die Jeanlaan-afrit.

’n Vrou is op die toneel dood verklaar nadat ’n vragmotor en vyf motors omstreeks 11:30 gebots het, luidens ’n verklaring deur ER24.

Sy is glo deur haar voertuig se voorruit geslinger en het langs ’n voertuig gelê wat op sy kant te lande gekom het, luidens die verklaring.

Drie mense is in die ongeluk beseer.

Die polisie en Tshwane-metropolisie was op die toneel.

’n Vragmotor en vyf motors was in die ongeluk betrokke.Foto: ER24

Meer oor:  Dood  |  Ongeluk  |  Verkeer  |  Centurion
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.