Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
N2 by Crags in Plet ook gesluit

Die N2 by Plettenbergbaai by die Crags in die rigting van Port Elizabeth is Donderdag ook vir verkeer gesluit weens deurlopende betogings.

Peter Lobese, Bitou se burgemeester, en Thabo Ndlovu, munisipale bestuurder, sou om 13:00 met betogers vergader, volgens die Bitou-munisipaliteit.

Die inwoners is glo ontevrede oor dienslewering en behuising.

’n Huey-helikopter help Donderdag om ’n brand te blus wat in die Piesangvallei by Plettenbergbaai ontstaan het. Foto: Werk met Vuur

Volgens die George-munisipaliteit se WhatsApp-groep is die N2 by Plettenbergbaai by die Crags en Qolweni gesluit en word motoriste gevra om wetstoepassingsbeamptes se instruksies te volg vir alternatiewe roetes.

Die N2 by Plet in die rigting van Knysna is Donderdag vroeg ook vir verkeer gesluit.

Lauren Howard, ’n woordvoerder van Werk met Vuur (WoF), sê ’n WOF-vliegtuig en ’n Huey-helikopter is by ’n brand wat in die Piesangvallei ontstaan het.

Bitou se brandweerdiens het vroeër die bystand van die Southern Cape Fire Protection Association (SCFPA) ingeroep.

Volgens Howard staan WoF die SCFPA by. Die oorsaak van die brand is onbekend. “Ek kan nie kommentaar lewer of dit verband hou met die betoging nie,” sê Howard.

Die polisie se openbare orde-eenheid is reeds van Woensdagaand op die N2 om die situasie te monitor, het kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, vroeër gesê.

Volgens WhatsApp-boodskappe het betogers petrolbomme gegooi, bande en bome aan die brand gesteek. Mense van die woonbuurt New Horizons kon blykbaar nie werk toe gaan nie.

Meer oor:  Bitou-Munisipaliteit  |  Peter Lobese  |  Port Elizabeth  |  N2  |  Behuising  |  Protesoptogte  |  Geweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.