Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
N2 tussen Gordonsbaai en Botrivier weer oop

Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

_____________________________________________________________

Die N2 tussen Gordonsbaai en Botrivier is Vrydagoggend teen 07:00 in albei rigtings weer vir verkeer oopgestel.

______________________________________________________________

Betogers wat voertuie met klippe bestook, het die verkeersowerhede in die Wes-Kaap genoop om weer die N2 by Grabouw, wat Sir Lowryspas insluit, vir verkeer te sluit.

"Sir Lowryspas is weer Vrydagoggend om 01:00 gesluit en sal vir verkeer gesluit bly tot verdere kennisgewing," luidens Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof.

Betogers het voertuie ook Donderdagoggend met klippe bestook en die N2 was vir 'n groot deel van die dag gesluit.

Die aanbevole alternatiewe roete van Caledon af, rigting Kaapstad, is om links te draai by Botrivier na Kleinmond en via die kusroete tot by Gordonsbaai te ry en dan weer by die N2 aan te sluit. Mense wat in die teenoorgestelde rigting op pad is, moet van Gordonsbaai af die kusroete via Kleinmond volg en weer by Botrivier by die N2 aansluit.

Meer oor:  Sir Lowryspas  |  Betogings  |  N2  |  Grabouw
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.