Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Betogers maak weer moles op N2 by Grabouw

Die N2 in die Wes-Kaap was Woensdagoggend vroeg weer gesluit by Botrivier en aan die voet van Sir Lowryspas by die Gordonsbaai-afrit, maar is teen 07:00 weer oopgestel, volgens Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof.

Dit is weens 'n betoging op die N2 by Grabouw wat reeds verlede Donderdag begin het. Voertuie op die roete is Maandag met klippe gegooi.

Wanneer die pad met tye gesluit word, word motoriste vanaf Kaapstad aangeraai om af te draai by Gordonsbaai, die kusroete te volg, deur Bettysbaai en Kleinmond, en weer by Botrivier by die N2 aan te sluit.

Vanaf die Suid-Kaap of die Overberg in die rigting van Kaapstad moet motoriste by Botivier van die N2 afdraai en die kusroete volg.

Soos vroeër berig is die N2 in die gebied teen 20:00 Dinsdag weer oopgestel nadat werkers van Elgin Poultry Abattoir en gemeenskapslede laatmiddag weer begin betoog het en die pad omstreeks 17:00 gesluit moes word.

Elgin Poultry Abattoir het bevestig werkers neem sedert verlede Donderdag aan ’n onbeskermde staking deel.

Meer oor:  Grabouw  |  Betoging  |  N2
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.