Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
N2 en Sir Lowryspas gesluit

Die N2, insluitende Sir Lowryspas, by Grabouw in die Wes-Kaap is vir verkeer gesluit.

Luidens Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het betogers voertuie Donderdagoggend met klippe bestook.

Die aanbevole alternatiewe roete van Caledon af, rigting Kaapstad, is om links te draai by Botrivier na Kleinmond en via die kusroete tot by Gordonsbaai te ry en dan weer by die N2 aan te sluit. Mense wat in die teenoorgestelde rigting op pad is moet van Gordonsbaai af die kusroete via Kleinmond volg en weer by Botrivier by die N2 aansluit.

"Daar was ten tyde van die sluiting voertuie in Sir Lowryspaspas, maar die probleem is nie in die pas nie, maar oorkant Grabouw by die Eskomstasie in Blikkiesdorp," sê Africa.

Meer oor:  Blikkiesdorp  |  Betoging  |  N2 Gesluit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.