Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
N2 by Grabouw steeds gesluit weens betoging

Die N2 by Grabouw is Maandagoggend gesluit weens 'n betoging.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het motoriste gemaan om die gebied te vermy.

Motoriste moet van Caledon af van ander roetes deur Botrivier, Kleinmond en Bettysbaai tot in Gordonsbaai gebruik.

"Van Kaapstad af moet hulle reeds by Gordonsbaai van die N2 afklim.

"Talle ander paaie in en om Grabouw is gesluit," het Africa gesê.

Luidens die Overberg-distriksmunisipaliteit betoog inwoners omdat hulle ontevrede is oor gesondheidsorg en ander dienste.

Kapt. F.C. van Wyk, provinsiale woordvoerder, het bevestig dat die N2 by Grabouw steeds gesluit is.

Hy sê 'n groep van nagenoeg 800 betogers is besig om die pad by Ou Kaapse-weg naby die hospitaal te versper en rommel te gooi, terwyl hulle vuur in die pad maak.

Die betogers het ook strate in die gemeenskap versper omdat hulle na bewering 'n hospitaal soek wat 24 uur per dag oop is.

Twee verteenwoordigers van die departement van gesondheid sal met die betogers vergader sodat hulle die memorandum kan oorhandig. Die Grabouw-polisie, Paarl se eenheid vir openbare orde, die polisie en verkeersbeamptes is op die toneel.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Grabouw  |  Kaapstad  |  Bredasdorp  |  Caledon  |  Protesaksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.