Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
N2 eers voor 17:00 oop

11:43

Die Stad Kaapstad het laat weet die N2 is steeds gesluit.

16:57

Die N2 is pas eers oopgemaak.


Die N2 by Somerset-Wes was vroeg Woensdagoggend in albei rigtings gesluit nadat betogers voertuie met klippe gegooi het.

"Motoriste moes dringend omdraai nadat hulle met klippe gegooi is," het Richard Coleman, woordvoerder van die Kaapstad-verkeersafdeling, gesê.

Hy het dit as 'n "gewelddadige betoging" by Hlathistraat in Asanda Village in Lwandle beskryf.

"Bande is aan die brand gesteek en voertuie word met klippe gegooi. Van die motoriste het hul motors net daar op die snelweg omgedraai."

Die N2 is in albei rigtings tussen Sir Lowryspas en Hoofweg gesluit, het Coleman gesê en motoriste gewaarsku om die gebied te vermy.

Kaapstad-metro het toe reeds ook op Twitter gewaarsku dat die N2 tussen Hazeldeneweg en Broadlandsweg gesluit is. Dié pad was ook Maandag gesluit nadat daar vroegoggend betoog is.

Meer oor:  Somerset-Wes  |  Kaapstad  |  Lwandle  |  Vertragings  |  Verkeersknoop  |  Verkeer  |  Betogings  |  Klippe  |  Bestook  |  Paaie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.