Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
N2 naby Kaapstad-lughawe weer oop ná bande brand

Die N2 naby Kaapstad se internasionale lughawe was Woensdagoggend vroeg minstens 'n uur gesluit nadat betogers bande in die pad gebrand het.

Richard Coleman, woordvoerder van Kaapstad se verkeersdienste, sê die pad tussen Borcherds Quarry en die lughawe-toegangspad was vir verkeer gesluit. Die metropolisie was omstreeks 05:00 op die toneel, terwyl die provinsiale polisie ook van die betogings in kennis gestel is.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê die betogers het bande op die snelweg in die rigting van Kaapstad gebrand.

Die Kaapstad-metro sê die toneel was teen 05:50 opgeruim en die pad is weer oop vir verkeer. Die metropolisie bly op die toneel om te patrolleer.

Meer oor:  Kaapstad-Metro  |  Kenny Africa  |  Richard Coleman  |  Kaapstad-Lughawe  |  N2  |  Kaapstad  |  Brand  |  Ontwrigtend  |  Verkeer  |  Bande  |  Chaos  |  Ontwrigting  |  Betogers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.