Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ná 9 dae nog geen spoor van vermiste Tazne (8)

Nege dae nadat ’n meisietjie van Connaught Estate, Elsiesrivier, spoorloos verdwyn het, soek die polisie en ander soekgeselskappe nog onverpoos na haar.

Van Tazne van Wyk (8) en haar vermeende ontvoerder is daar egter nog geen teken nie.

Die polisie is ook nog op soek na ’n man, Moyhdine Pangarker (54), wat hulle moontlik kan help met inligting oor waar Tazne dalk kan wees.

Tazne van Wyk (8) Foto: Verskaf

Intussen het die polisie in Kimberley, Noord-Kaap, gerugte ontken dat Tazne en haar vermeende ontvoerder in Kimberley gesien is.

Daar is oor die naweek op die Facebook-blad Find It berig dat Tazne en haar vermeende ontvoerder glo in die gebiede van Moghul Park en Homestead Masjid in Kimberley gesien is. Die vermeende ontvoerder het glo by verskeie moskees vir geld gebedel.

Lt.kol. Marli Strydom van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings (GKS) in Kimberley, het Maandag alle navrae na hul provinsiale polisiewoordvoerders verwys.

Kapt. Sergio Kok, ’n polisiewoordvoerder in Kimberley, het gesê hy weet van die vermiste kind wat gesoek word, maar nie dat sy en haar vermeende ontvoerder in Kimberley gesien is nie.

Hy het navrae na die Wes-Kaapse polisie verwys.

Intussen het ’n bron na aan die ondersoek gesê dat die polisie alle leidrade en inligting opvolg. Die bron het gesê daar was inligting dat die verdagte hom moontlik in Port Elizabeth kan bevind. “Die polisie in Port Elizabeth is gevra om die inligting op te volg,” het die bron gesê.

Kol. Andrè Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die ondersoek en soektog duur voort en dat daar nog geen nuwe verwikkelinge is nie.

Mense met inligting oor waar Tazne en/of Pangarker moontlik is, kan die ondersoekbeampte, speursers. Dale Franks, by 082 334 8772 bel.

Meer oor:  Tazne Van Wyk  |  Elsiesrivier  |  Soek  |  Meisie  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.