Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
'Ou' lyk in rivier ontdek ná ander ongeluk

Die polisie in KwaZulu-Natal het Dinsdagoggend toevallig op 'n lyk in die Duzirivier naby Pietermaritzburg afgekom.

Die soek-en-reddingspan was op die toneel in Commercialweg nadat 'n ligte voertuig met ses insittendes ná 'n ongeluk in die rivier beland het. 

'n Vrou in haar 20's is dood en vyf ander mense het matige beserings opgedoen.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê nadat paramedici reeds by die toneel weg is, het die polisie hulle teruggeroep.

"Dit was omstreeks 07:00, nadat die polisie 'n man se lyk sowat 10 m van die plek opgespoor het waar die motor in die rivier beland het," sê hy.

"Paramedici het die lyk ondersoek en bevind dat die man al 'n geruime tyd dood is."

Hy sê polisiehonde het die lyk tussen die gras in die rivier gekry. Die omstandighede van sy dood word ondersoek.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Polisie  |  Dood  |  Liggaam  |  Ongeluk  |  Lyk  |  Bots  |  Rivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.