Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Naakfoto-blaps: ‘My lewe gaan aan’

Hy sal nie toelaat dat een blaps sy lewe definieer nie.

Sarel Strydom, ’n advokaat in Schweizer-Reneke, Noordwes, gaan daarom nou die spreekwoordelike boek toemaak nadat hy per ongeluk ’n naakfoto van homself na een van dié dorp se WhatsApp-groepe gestuur het.

Sarel Strydom

“Dis ’n goor ding wat met my gebeur het, maar die oorgrote meerderheid van die inwoners ondersteun my. Ek is dankbaar vir hul liefde.”

Strydom het op die dorp grootgeword. Sy selfoon was in ’n drasakkie aan sy lyf toe hy op 13 Junie aan die virtuele Comrades-marathon deelgeneem het. Sy hardloopbewegings het vermoedelik veroorsaak dat die vollengte-foto van hom na die groep gestuur word.

Strydom, ook ’n DA-raadslid op die dorp, het die foto omtrent ’n minuut later uitgevee nadat sy suster hom daaroor ingelig het.

Leon Basson, DA-leier in Noordwes, het Maandag gesê die party gaan geen stappe teen Strydom doen nie. “Ons aanvaar sy verduideliking oor hoe die foto gestuur is. Dit word ook gestaaf deur bewyse (onder meer sy deelname aan die marathon). Hy het die foto dadelik verwyder net nadat dit gestuur is. Ons beskou die saak as afgehandel.”

Basson sê die blitsige verdere verspreiding van die foto was kwaadwillig en vermoedelik polities gemotiveer. Coenrad Herbst, nog ’n DA-raadslid in Schweizer-Reneke, sê dis hartseer dat iemand besluit het om die foto so vinnig te versprei. “Dít boonop nadat Margaret (van Wyk) in 2016 verguis is nadat mense ook ’n (stoute) foto versprei het wat sy per ongeluk op ’n plaaslike groep gedeel het. Dit laat vrae oor die integriteit van mense wat so iets doen.”

Strydom sê hy het die foto van homself geneem om te vergelyk hoe hy lyk nadat hy 13 kg verloor het sedert hy begin vanjaar ’n streng oefenprogram volg.

“Dis die enigste naakfoto op my foon. Ek gaan nou net met my lewe aan. Ek gaan draf steeds, doen Pilates, waai vir die mense op die dorp en gaan Spar toe. Wat gebeur het, is nie lekker nie, maar ek het ’n skoon gewete. Ek is dankbaar dat die DA my ook ondersteun.”

Strydom meen hy sou dalk baie meer ontsteld gewees het oor die foto indien hy daarvan gehoor het terwyl hy nié gedraf het nie.

“Ek het reeds sowat 19 km gehardloop toe my suster, wat langs my in die waterkar was, my daarvan sê. Dit het my gehelp om te cope, want ek was toe amper halfpad na die eindpunt van die 45 km-roete wat ek gehardloop het. Ek het dadelik gedink mense weet dis per ongeluk en nooit gedink iemand sal so vinnig ’n skermgreep daarvan maak en dit versprei nie.”

Strydom sê dit is skokkend dat iemand hom verraai het oor iets wat ooglopend ’n onskuldige fout was.

Meer oor:  Schweizer-Reneke  |  Noordwes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.