Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Naam bekend van soldaat in uitgebrande motor

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het die soldaat wie se lyk in ’n uitgebrande motor in Blue Downs, Kaapstad, gevind is as stafsers. Michael Njomane (41) geïdentifiseer.

Njomane se naam is teruggehou totdat die weermag seker was dat sy familie van sy dood in kennis gestel is.

Sy lyk is op 18 Augustus in die kattebak van ’n uitgebrande voertuig gevind nadat die Kaapse brand-en-nooddiens die brand geblus het.

Stafsers. Michael NjomaneFoto: Verskaf

“Hy is onlangs na die Wes-Kaap oorgeplaas. Hy is van Mount Coke in die Oos-Kaap,” het brig.genl. Mafi Mgobozi, ’n SANW-woordvoerder, aan News24 gesê.

Sy familie hou Donderdag ’n private gedenkdiens.

Die nadoodse ondersoek moet nog afgehandel word om vas te stel of hy doodgebrand het of weens ander beserings dood is.

Njomane was gestasioneer by een van die militêre basisse in die Wes-Kaap.

Die SANW het ontken dat Njomane een van die soldate was wat vir twee maande in die bendegeteisterde gebiede op die Kaapse Vlaktes ontplooi is, berig IOL.

Lt.kol. Hamilton Ngubane, ’n SANW-woordvoerder, het vroeër gesê die Hyundai Accent waarin hy gevind is, het aan die regering behoort.

“Die Mfuleni-polisie ondersoek die omstandighede wat tot die voorval gelei het en die SANW is deurlopend in kontak met hulle,” sê Ngubane.

Een persoon het reeds in verband met die polisieondersoek in die hof verskyn.

’n 43-jarige man is in Blackheath in hegtenis geneem, terwyl ’n tweede verdagte (24) aangekeer is.

Theodore Loggenberg het reeds vlugtig in die landdroshof in Blue Downs verskyn, het Daily Voice berig.

Sy saak is uitgestel.

Meer besonderhede oor die tweede verdagte is nie bekend nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.