Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Naam bekend van vrou wat in Oos-Kaap verongeluk
Gerda Bence en twee van haar honde is in ’n motorongeluk dood. Foto: Facebook

’n Vrou wat Maandag in ’n motorongeluk op die R72 naby Alexandria in die Oos-Kaap dood is, is as Gerda Bence (51) van Oos-Londen geïdentifiseer.

Bence, ’n hondeliefhebber, was die naweek ná ’n hondeskou in Port Elizabeth na Oos-Londen onderweg toe die ongeluk gebeur het.

Sy is ook ’n gekwalifiseerde fisioterapeut.

Luidens kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, word daar vermoed dat Bence beheer oor haar motor verloor het.

Drie van Bence se honde was ook in die motor. Twee van die honde is dood, en die derde een is in die sorg van die Dierebeskermingseenheid geplaas.

’n Klag van strafbare manslag word deur die polisie ondersoek.

Meer oor:  Oos-Londen  |  Vrou  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.