Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Naka bietjie deurmekaar ná suksesvolle operasie
Naka en Marzanne Drotské.Foto: Verskaf

Die koeël is letterlik deur sy gonnabeentjie.

Só beskryf Marzanne Drotské, die oud-Springbokrugbyspeler Naka se vrou, die uitslag nadat haar man se regterarm Maandagmiddag en -aand geopereer is.

Die operasie sou aanvanklik Dinsdag plaasvind, maar omdat hy so goed ná ’n operasie Donderdagnag herstel het, is dit tot Maandag 15:00 vervroeg. Hy het egter eers ná 20:00 uit die teater gekom.

Volgens Marzanne was dit ’n lang operasie met ’n “klomp klein stukkies been” wat verwyder moes word.

“Die dokter sê die operasie was ’n groot sukses en dat hulle die senuwees mooi kon heg.”

Dit was Drotské se tweede operasie in die Netcare Montana-hospitaal nadat hy verlede Donderdag by sy broer, Tinus, se huis in Kameeldrift buite Pretoria geskiet is.

’n Buikoperasie is dieselfde aand nog gedoen en die tweede operasie Maandagaand was vir die koeëlwond in sy regterelmboog.

“Die koeël is letterlik deur sy shock-beentjie,” het sy laat Maandagaand gesê.

Marzanne sê haar man is deurmekaar. Drotské het baie pyn en meen dat die personeel iewers sy arm gestamp het.

“Dit is presies waar hulle moes opereer, so vir hom voel dit of iemand die arm gestamp het.”

Meer oor:  Naka Drotské
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.