Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Naka: Kritiek, maar bestendig

Die oud-Springbok Naka Drotské is Dinsdag omstreeks 23:00 in die waakeenheid van die Mediclinic Bloemfontein  opgeneem.

Hy het gekla dat sy kop deurmekaar voel en bloedtoetse is gedoen, sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid. Dit is nog nie duidelik wat fout is met hom nie.

Cameron het telefonies met Tinus, Naka se broer, gepraat.

Volgens Cameron hou Tinus hom op die hoogte en is Naka steeds in ’n kritieke toestand in die waakeenheid. Sy vrou, Marzanne, en sy vriend, Os du Randt, is by hom. Sy en Tinus kon nie Woensdagmiddag vir kommentaar bereik word nie.

Dit is nie te sê dat dit môre nog so gaan wees nie.

Marietjie Gericke berig Barbara Steenkamp, die hospitaal se woordvoerder, het bevestig dat Naka Dinsdagaand in ’n kritieke toestand opgeneem is.

Hoewel hy kritiek siek is, is sy toestand bestendig nadat sy toestand Woensdag gestabiliseer is.

"Dit is nie te sê dat dit môre nog so gaan wees nie. Hy is opgeneem met massiewe dermkanaalbloeding wat gelei het tot hipovolemiese skok. Hy kry nou bloed. Hy het volwasse respiratoriese noodsindroom met longinfeksie waarvoor hy gesedeer en geventileer word. Verskeie van sy organe is aangetas," sê Steenkamp in 'n verklaring.

Tinus het vroeër per WhatsApp aan Hanti Otto gesê die familie waardeer die goeie wense en gebede van die publiek, maar hulle gaan in die stadium nie met die media praat nie.

"Barbara het ons toestemming om die media oor sy kritieke toestand in te lig," het Tinus gesê.

Dit is 'n ontwikkelende storie. Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Naka Drotské  |  Ian Cameron
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.