Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Naka se toestand stabiel, sê vriend
Naka Drotské se toestand is stabiel nadat hy gewond is ten tyde van ’n huisrooftog in Pretoria. Foto: Gallo Images

Naka Drotské se toestand is stabiel nadat hy gewond is in ’n huisrooftog in Pretoria.

Drotské, oud-Springbok-haker en Cheetah-afrigter, is Donderdagaand by sy broer, Tinus, se hoewe in Kameeldrift buite Pretoria geskiet ten tyde van ’n konfrontasie met gewapende rowers.

“Ek het nounet met sy vrou gepraat. Marzanne is nou by hom by die Montana-hospitaal.

Sy het aan my gesê dat Naka se toestand nog stabiel is,” het Blouwillem Theron, rubriekskrywer en vriend van Drotské, Vrydagaand aan Netwerk24 gesê.

Drotské is in die arm en die bors getref.

Twee verdagtes is intussen aangekeer en deur die polisie ondervra in verband met die gewapende rooftog.

Meer oor:  Naka Drotské
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.