Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Naka verduur nog baie pyn ná 2de operasie

Naka Drotské (47) het nog baie pyn en verduur erge ongemak nadat hy Maandag ’n operasie van vier uur lank aan sy regterarm ondergaan het, sê sy vrou, Marzanne.

Dit is die tweede groot operasie wat hy in minder as ’n week in die Netcare Montana-hospitaal in Pretoria ondergaan.

Die oud-Springbok Naka Drotské en sy vrou, Marzanne.

Twee koeëls het Drotské Donderdagaand getref in ’n aanval op sy broer, Tinus, se huis in Kameeldrift buite Pretoria.

“Hy het nog nie eens die emosionele deel (van die voorval) begin verwerk nie,” sê Marzanne.

Een van die koeëls het sy elmboog getref en is toe deur sy arm by sy bors in. Die ander koeël het hom in die maag getref en veroorsaak dat sy dunderm lek.

’n Buikoperasie is dieselfde aand van die aanval op hom gedoen.

In die operasie Maandag, wat aanvanklik vir Dinsdag beplan was, is die koeëlwond in sy elmboog behandel.

Die operasie is weens sy goeie vordering vervroeg.

Drotské is eers ná 20:00 uit die teater.

Marzanne het vroeër gesê die koeël is letterlik deur sy gonnabeentjie.

Volgens haar was dit ’n lang operasie met ’n “klomp klein stukkies been” wat verwyder moes word.

Die dokter het gesê die operasie was ’n groot sukses en dat hulle die senuwees mooi kon heg, sê Marzanne.

Behalwe vir sy vrou mag Drotské nog geen besoekers ontvang nie.

Meer oor:  Netcare Montana-Hospitaal  |  Naka Drotské  |  Pretoria  |  Misdaad  |  Skietvoorval  |  Regterarm  |  Operasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.