Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Name bekend van 3 onderwysers wat saam sterf

Onderwysers en leerlinge van Riverlea High School in Johannesburg is uiters geskok oor die nuus dat drie leerkragte van die skool saam in ’n motorongeluk dood is.

Volgens Ashley Harris, skoolhoof, heers ’n somber atmosfeer by die skool nadat die Gautengse onderwysdepartement Donderdagoggend die drie onderwysers se name bekend gemaak het.

Hulle is Thulani Sibiya (33) van Birch Acres in Kempton Park, wat rekeningkunde aan gr. 10-, 11- en 12-leerlinge gegee het, Nompumelelo Madlala (27) van Orlando East in Soweto, wat klas gegee het aan gr. 8's tot matrieks, en Ntshosho Zwane (26) van Daleside in Meyerton wat gr. 8-, 9- en 10-leerlinge onderrig het.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, besoek vandag hul naasbestaandes.  

Harris het Woensdag aan Netwerk24 gesê hy het nie geweet hoe om die nuus aan die skool oor te dra nie.

’n Geskokte Dorcas Tawana, ’n onderwyseres van die skool, vee haar trane af nadat sy van haar drie kollegas se dood gehoor het. Foto: Felix Dlangamandla

“Die onderwysers en leerlinge kon hul trane nie keer nie. Ek ook nie. Dis nie ’n lekker gevoel nie.”

Die drie onderwysers het Sondag in Evaton verongeluk.

Dennis Macuacua (regs), hoofdirekteur van die Gautengse onderwysdepartement, en Ashley Harris, die skoolhoof, Woensdagmiddag op ’n mediakonferensie in die skool. Foto: Felix Dlangamandla

Dennis Macuacua, hoofdirekteur van die Gautengse onderwysdepartement, het Woensdag op ’n nuuskonferensie gesê Harris het ondersoek ingestel toe die onderwysers Maandag afwesig was. Hy wou met een praat oor departementele sake en het besluit om die betrokke onderwyser te bel, maar die onderwyser se foon het nie gelui nie.

“Die skoolhoof en een van die onderwysers wat saam met die drie in Evaton was, het na hulle gaan soek. Hulle is na Orange Farm, waar die onderwysers Saterdagaand ná afloop van ’n geleentheid by die skool sokker gekyk het,” sê Macuacua.

Volgens hom het van die inwoners van Orange Farm bevestig hulle het die onderwysers in die omgewing gesien. Harris en die onderwyser by hom is toe na die plaaslike polisiekantoor om te hoor of enige sake dalk aangemeld is.

Ashley Harris (tweede van regs), hoof van die Riverlea High School, buite die skool. Foto: Felix Dlangamandla

“Die skoolhoof het aan die polisie genoem dat drie onderwysers saam was en hy het die voertuig beskryf waarin hulle gery het.”

Later Maandagmiddag moes die onderwyser ’n verklaring by die polisie gaan aflê.

Harris het Dinsdag die nuus ontvang dat ’n ongeluk aangemeld is waarin drie mense gesterf het en dat die voertuig met sy beskrywing van die onderwysers se voertuig ooreenstem, sê Macuacua.

Volgens Macuacua het die onderwysdepartement dadelik gereël dat die skool ondersteuning kry. Die onderwysers het Woensdagmiddag berading ontvang en die leerlinge sal ook berading ontvang.

Drie aflosonderwysers val Donderdag by die skool in.

Meer oor:  Riverlea High School  |  Randburg  |  Ongeluk  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.