Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nampo: ‘As landbou hoes, word die hele ekonomie siek’

“As landbou in Suid-Afrika hoes, word die hele ekonomie siek,” het Sfiso Buthelezi, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye, Woensdag gesê.

Koos Janse van Rensburg, hoof van VKB Landbou, en Dan Kriek, president van Agri SA, op die Nampo-Oesdag.Foto: Alet van der Walt

Buthelezi en Dan Kriek, president van Agri SA, het Woensdag die Nampo-Oesdag buite Bothaville besoek.

Buthelezi sê dat Nampo se sukses wyer bekend gemaak moet word omdat dit ’n bewys is van hoe suksesvol die landbousektor in Suid-Afrika is. Hy meen die media het ’n groot rol om te speel om burgers op te voed oor die belangrikheid van landbou in die ekonomie.

Oor grondhervorming sê hy die ANC het die mandaat by die stembus gekry om op ’n deursigtige manier met onteiening sonder vergoeding voort te gaan, maar dat daar beloof is dat dié proses nie produktiwiteit in die landbou mag benadeel nie.

Volgens hom moet mense onthou dat dit ’n grondwetlike proses behels om die Grondwet te verander en die Grondwet verduidelik hoe dit aangepak moet word.

Sfiso Buthelezi, adjunkminister van landbou, het Woensdag die Nampo-Oesdag buite Bothaville bygewoon.Foto: Alet van der Walt

“Ons moenie fokus op die verskille tussen landbou en die regering nie, maar op die ooreenkomste,” meen hy.

Kriek is die hele week op Nampo en sê die samestelling van pres. Cyril Ramaphosa se kabinet sal die eerste aanduiding wees van dit wat boere vorentoe kan verwag.

Kriek sê hy het steeds vertroue in die toekoms, maar dat alles wat die vorige parlement gedoen het nou verval het.

Kiesers het gesê wat hulle wil hê en die partye moet hul belange nou verteenwoordig.

Hy sê die groter steun vir die VF Plus dui waarskynlik op kommer van boere, maar ontledings sal gedoen moet word om presies te bepaal hoe boere gestem het.

Hy glo mense wil hoor dat hul regte beskerm gaan word en ’n duidelike boodskap moet deur leiers uitgedra word.

Meer oor:  Sfiso Buthelezi  |  Oesweek  |  Nampo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.