Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nampo: Boere moet dringend help met herwinning

Leë houers wat landbouchemikalieë bevat het, word dikwels hergebruik en het al mense se dood veroorsaak.

Dr. Gerhard Verdoorn van CropLife en die Griffon-gifinligtingsentrum het ’n beroep op boere gedoen om te help met die herwinning van dié houers.

Verdoorn het Vrydag by die Nampo-oesdag buite Bothaville gesê die houers waarin landbouchemikalieë verkoop word, asook polipropileensakke waarin veevoer en kunsmis verpak word, moet dringend herwin word. Mense is al dood wat sulke houers vir water of kookolie gebruik het, sê Verdoorn.

Dr. Gerhard Verdoorn

Hy sê die houers moet drie keer uitgespoel word en dan stukkend gesteek word sodat mense dit nie kan gebruik nie. Die leë sakke moet omgedop word en onderdak in bale gemaak word sodat dit ook herwin kan word.

“Die sakke verweer in die son en die stukkies plastiek bly in die grond agter waar dit dekades kan neem om af te breek,” sê hy.

Verdoorn sê daar is maatskappye wat die sakke herwin en plastiek daaruit vervaardig wat soos planke lyk wat dan gebruik word om voetpaadjies en platforms van te maak.

Dit is ’n goeie plaasvervanger vir houtplanke en kom in ’n verskeidenheid kleure voor. Dié planke is sonbestand en omgewingsvriendelik, sê Verdoorn.

Die plastiekhouers word herwin en skopfietse, swartsakke, rioolpype en skaapkrale word daarvan gemaak.

CropLife, ’n oorhoofse organisasie waaraan landbouchemiese maatskappye behoort, het sewe jaar gelede met ’n herwinningsprojek begin en het 50 versamelpunte, maar die mikpunt is 100.

Verdoorn sê Crop Life het dringend versamelpunte nodig waar boere die soort plastiek kan afgee sodat herwinningsmaatskappye dit kan oplaai en verwerk.

Boere wat wil betrokke raak, kan Verdoorn by 087 980 5136 bel.

Meer oor:  Nampo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.