Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nampo: Grasse en ander gewasse te sien

Weg van die sale vol besoekers, groot trekkers en die eetplekke, teen Nampopark se grensdraad, is die uitstallers wat graan- en veeboere help om beter gewasse aan te plant.

Maatskappye berei hier reeds maande voor die tyd beddings voor waarin gewasse geplant en versorg word sodat besoekers kan sien hoe die lewende plante tydens die Nampo-week buite Bothaville in die Vrystaat lyk.

Whitey van Pletsen, produksiebestuurder van Agricol in Potchefstroom, spog met reusagtige radyse wat boere as weiding en as dekgewasse aanplant.

Whitey van Pletsen by die radyse wat vir veevoer aangeplant word.Foto: Alet van der Walt

Van Pletsen sê die radys se wortels groei tot bykans ’n meter onder die grond waar dit kalsium en stikstof benut en in die knol stoor.

Vee benut dan die voedingstowwe wanneer hulle die radyse vreet.

Boere plant die radyse meestal van Februarie af aan en plant dit tussen mielies of op hul eie.

Vee kan dit dan in die winter gebruik en die knolle word gevreet terwyl dit in die grond is of dit kan uitgetrek en so gevoer word, sê hy.

Imre Reckling van Correck Farming by die grasse wat binnekort in Suid-Afrika beskikbaar sal wees.Foto: Alet van der Walt

Imre Reckling, van Correck Farming in Potchefstroom, wys aan boere die grassoorte wat uit Wes-Australië, Indië, Hawaii en Brasilië ingevoer word.

Reckling sê een van die grasspesies sal oor twee jaar kommersieel in Suid-Afrika beskikbaar wees.

Die gras, ’n bloubuffelgras, kan met 200 mm reën per jaar oorleef en is geskik vir streke waar klimaatverandering tot droë toestande lei.

Boere plant dit op lande of in die veld om natuurlike veld te versterk, sê Reckling.

’n Mannagras, die Tijuca-kultivar, groei baie hoër as die bestaande mannakultivars in Suid-Afrika en is reeds te koop.

Boere kan dié gras in lande of selfs in vleigebiede plant, sê Reckling.

Meer oor:  Whitey Van Pletsen  |  Bothaville  |  Gewasse  |  Radyse  |  Grasse  |  Nampo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.