Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nampo lok ‘vliegtuig per minuut’

’n Vliegtuig per minuut. Dit is hoe die vliegveld by die Nampo-oesfees Woensdag gelyk het toe 190 vliegtuie tussen 07:30 en 10:30 geland het.

Toit Wessels, assistentbestuurder van bemarking en Nampo by Graan SA, sê dit was ’n mooi gesig toe die vliegtuie een vir een by die oesfees land.

’n Rekordgetal vliegtuie het Woensdag by die Nampo-oesfees buite Bothaville in die Vrystaat geland. Foto: Charles Smith

Dit is glo ’n rekordgetal ná die vorige rekord met die algemene verkiesing in 2014 toe 130 vliegtuie hier geland het.

Daar het Woensdag ook 47 helikopters geland.

Die uitgebreide terrein by vanjaar se fees buite Bothaville in die Vrystaat het reeds duisende besoekers gelok.

Teen Donderdag om 12:00 was daar reeds 20 000 besoekers.

Woensdag is 22 700 besoekers deur die hekke. Dit is heelwat meer as Dinsdag se 15 790.

“Nampo se bestuur jaag nie voete na nie, maar ons is net bly as die uitstallers besigheid doen.”

Die passasiers van die vliegtuie word met gholfkarretjies van die lughawegebou na die feesterrein aangery. Die vliegtuie is sakelui, maatskappye en boere s’n. Ook oorsese besoekers word van Johannesburg en Kaapstad na Nampo gevlieg.

Wessels sê die weer speel ’n groot rol in die groot besoekerstal.

“Dit verklaar ook die baie vliegtuie, want hier is geen wind of mistigheid nie.”

Francois Strydom, uitvoerende hoof van Senwes, het met die bekendstelling van vanjaar se Nasie in Gesprek-reeks gesê dit moet eintlik verpligtend vir elke Suid-Afrikaanse burger wees om “minstens een keer in hul lewe Nampo te besoek”.

Die vorige rekord was in 2014, toe 130 vliegtuie by Nampo geland het. Die bestuur van Nampo sê daar het Woensdagoggend vir twee uur elke minuut ’n vliegtuig geland. Foto: Charles Smith
Die passasiers van die vliegtuie word met gholfkarretjies van die vliegtuig na die lughawegebou en die feesterrein aangery. Die vliegtuie behoort aan sakelui, maatskappye en boere. Foto: Charles Smith
Meer oor:  Bothaville  |  Vliegtuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.