Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nampo Oesdag onder kwarantyn vir 2020

Suid-Afrika se grootste landbouskou, die Nampo Oesdag, is Dinsdag finaal vir vanjaar gekanselleer.

Dit is die eerste keer in 53 jaar dat die skou by Bothaville in die Vrystaat nie gehou sal word nie.

Die organiseerders het dié nuus Dinsdag in ’n mediaverklaring bekend gemaak.

Graan SA het in Maart vanjaar nog gehoop dat dié weeklange landbouskou in Augustus sou kon plaasvind, maar weens die verbod op groot byeenkomste sal boere en ander besoekers nou tot volgende jaar moet wag.

Die fees word gewoonlik in Mei gehou.

Die organiseerders sê ’n virtuele landbouskou word nou gereël vir boere, landbouverskaffers en ander belanghebbendes. Hulle sal die Nampo Oesdag van 9 tot 12 September op ’n virtuele platform kan besoek.

Die Nampo- virtuele platform sal daagliks van 09:00 tot 19:00 beskikbaar wees en op die laaste dag, ’n Saterdag, tot 14:00.

“Te midde van die pandemie, wat na verwagting in September eers ’n piek sal bereik, kan ons nie op ’n verantwoordelike wyse voortgaan met ’n skou wat meer as 20 000 besoekers per dag lok nie.

“Ondanks maande lange beplanning, die oorweging van die pandemie, en die aanvanklike verskuiwing van die oorspronklike datum, is die kansellering van die Oesdag die enigste logiese besluit,” sê Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graan SA.

Hy sê die meeste uitstallers wat op die skou sou wees, sal ook op die aanlyn platform wees. Hy sê die aanlyn platform sal aan uitstallers in die toekoms die geleentheid bied om hul fisieke teenwoordigheid met ’n virtuele teenwoordigheid aan te vul.

“Die koronaviruspandemie het elke uithoek van die wêreld aangeraak, en hoewel dit hartseer is dat vanjaar se Nampo Oesdag nie gaan plaasvind nie, is Graan SA se belangrikste verantwoordelikheid om seker te maak dat boere, uitstallers, belanghebbendes en personeel veilig bly,” sê Toit Wessels, assistentbestuurder van Nampo.

Graan SA sal op 24 Julie bekend maak wanneer drie ander geleenthede – Nampo Kaap, Nampo Alfa en Jag en Buitelewe – weer sal plaasvind.

Besoek die aanlyn Nampo hier.


Meer oor:  Nampo Oesdag  |  Graan Sa  |  Kwarantyn  |  Landbouskou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.