Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nampo: Ou trekkers hul passie, sê tweeling

Die nostalgiese klanke van Lister-enjins en stokou trekkers by die Engen-museum op Nampo in Bothaville laat besoekers toustaan vir ’n foto langs een van dié ou werktuie.

Die tweelingbroers Johann en Jaco Gouws is al sedert 2012 op Nampo in die Vrystaat waar hulle jaarliks hul versameling Massey Ferguson-trekkers uitstal.

“Ons het by Elliot grootgeword en ek het op die Massey Ferguson 35 leer bestuur,” sê Johann.

Johann en Jaco se passie is ou trekkers en onlangs het die enjin-gogga hulle ook gebyt.

Hulle het ’n versameling ou enjins, van Listers tot ’n Senator, asook enjins wat vroeër jare deur Vetsak en Boerebenodigdhede vervaardig is om water op plase te pomp.

Johann Gouws, agter, en sy tweelingbroer, Jaco, op die Massey Ferguson 35 waarmee hulle grootgeword het. Foto: Alet van der Walt

Die ou enjins is darem makliker om te vervoer, sê Johann.

Die Massey Ferguson 35 waarop hulle leer bestuur het, is al 6 000 km deur die land vervoer waar dit op skoue uitgestal word. Dié trekkertjie is onlangs aangewys as die beste ongerestoureerde trekker, vertel Johann.

“Hulle is nog volop op plase,” sê hy.

Die broers het ook ’n Farmall-trekker wat aan hul oupa behoort het.

“Die Farmall-trekkers het ’n letter-reeks gehad,” sê Johann.

Johann en Jaco Gouws by ’n Farmall-trekker op Nampo. Die trekker het aan die broers se oupa behoort. Foto: Alet van der Walt

“Dit het van A tot M geloop en is in 1939 die eerste keer na Suid-Afrika ingevoer.

“Dit is net jammer baie ou waterenjins het op skrootwerwe beland, want deesdae is daar ’n groot belangstelling in die ou enjins en heelwat versamelaars restoureer dié werktuie.”

Johann sê die enjins is meestal gebruik om water te pomp en soms ook om krag op te wek.

Hy sê mense moet die enjins bewaar vir die nageslag.

Hy is die sekretaris van die Noordwes-veteraantrekker-en-enjinklub en kan op 082 417 3583 gebel word as mense weet van werktuie wat hulle graag sou wou bewaar.

Meer oor:  Vrystaat  |  Bothaville  |  Nampo  |  Nampo-Oesdag  |  Trekkers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.