Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Napier-ongeluk: 'Ons moes dit self sien'

“Ons moes self gaan kyk om die werklikheid in die oë te staar.”

Aan die woord is Connie (in haar 50’s), wie se man, Lionel Bitterhout (58), ernstig beseer is in die gruongeluk Paasmaandag naby Napier waarin agt mense dood is.

Die toneel van die ongeluk op die R316-pad naby Mierplaas buite Napier, waarin agt mense Maandagmiddag dood is.

Bitterhout was Woensdag steeds in die hoësorgeenheid van die Christiaan Barnard-gedenkhospitaal in Kaapstad. Hy is aan ’n ventilator gekoppel en word onder verdowing gehou weens die beserings aan sy ribbes wat drukking op sy hart veroorsaak. Hy het ook heupbeserings.

Bitterhout was in die bakkie waarin Jan Bitterhout (86) en Ralph Roux (58) dood is.

Ses mense van een familie is in die tweede voertuig dood. Hulle is Maria en Johan Pieterse (albei in hul 80’s), Zelda en Manna Newman (albei in hul 50’s), die egpaar se dogter Chanté (21), en Manna se ma, Hazel (in haar 70’s).

Connie het Woensdag vertel hulle het die naweek ’n vakansiehuis in Gansbaai gehuur en was op pad terug na die Paarl.

“Die vroue het in een motor gery en die mans het agter ons in die bakkie gery,” sê Connie.

Benewens Connie was Sharon, Roux se vrou, en ’n vriendin, Sariesa Martins, in die motor.

Lionel Bitterhout
Lionel Bitterhout (58)

Die vroue is vooruit en toe hulle in Hermanus aankom, het Bitterhout laat weet die mans is tussen Caledon en Napier en dat die vroue moet deurdruk huis toe. Daar is vooraf besluit dat die vroue deur Hermanus sou ry en dat die mans die Napierpad sou ry.

Terug by die huis het hulle anderhalf uur gewag, maar die mans het nie opgedaag nie. Bitterhout het ook nie sy selfoon geantwoord nie.

Connie sê hulle het besluit om terug te ry om die mans te soek. By die Napier-polisiekantoor is hulle ingelig dat Jan en Roux in ’n ongeluk omgekom het. ’n Polisieman het hulle na die toneel geneem en ook die voertuie aan hulle gewys, sê sy.

* Kenny Africa, provinsiale verkeershoof in die Wes-Kaap, sê 35 mense is van 18 tot 22 April in padongelukke in die provinsie dood.

Meer oor:  Lionel Bitterhout  |  Napier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.