Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Narkotiseur probeer Mthembu red voor gedoemde vlug
Dr. Rudolf Monanyane is Donderdag in 'n helikopterongeluk in KwaZulu-Natal dood. Foto: Verskaf

Een van Suid-Afrika se topnarkotiseurs wat Donderdagoggend in die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg geveg het om Jackson Mthembu (62), minister in die presidensie, se lewe te probeer red is, is enkele ure later self dood.

Die Netcare 1-lugambulans, waarin hy en sy kollegas was, het in KwaZulu-Natal neergestort.

Dr. Kgopotso Rudolph Mononyane was saam met dr. Curnick Siyabonga (Sia) Mahlangu, ’n kardiotorakale chirurg, en Mpho Xaba, ’n spesialis-teaterverpleër, wat ook by die Netcare Milpark-hospitaal gewerk het, in die lugambulans op pad na Hillcrest in KwaZulu-Natal om ’n Covid-19-pasiënt te gaan haal.

Sinjin Joshua Farrance, ’n paramedikus van Netcare 911, en Mark Stoxreiter, die vlieënier van die helikopter wat by National Airways Corporation gewerk het, was ook aan boord.

Die helikopter het vroegmiddag naby Winterton neergestort.

netcare, helikopter-ongeluk
Bo is Mark Stoxreiter, vlieënier en Sinjin Joshua Farrance, ‘n spesialis paramedikus. Onder van links is Mpho Xaba, ‘n spesialis verpleegster en drs. Curnick Mahlangu en Rudolf Monanyane van die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg. Foto: Facebook/Paramedics

Kol. Thembeka Mbele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê volgens voorlopige inligting het die helikopter in die lug “in stukke gebreek”, die grond getref en ontplof.

Die stert van die helikopter is meters vanaf die uitgebrande wrak in ’n veld gekry.

Mbele sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Kollegas van die oorledenes en nooddienswerkers het Donderdagaand in ’n roerende huldeblyk by die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg van hulle afskeid geneem.

Ambulanse het met loeiende sirenes en flikkerende noodligte bymekaar gekom terwyl noodhelikopters ’n laaste verblyvlug oor die Milpark-hospitaal gedoen het.

Blomme op die landingstrook vir helikopters by die Milpark-hospitaal in Johannesburg. Foto: Verskaf

'n Huldeblyk is Donderdagaand by die Milpark-hospitaal in Johannesburg gehou ná die helikopterongeluk. Foto: Facebook/Paramedics

Nooddienswerkers, dokters en verpleegsters het blomme neergesit op die helikopterlandingstrook by die Milpark-hospitaal en in ’n kring gestaan vir ’n laaste eerbetoon.

“Netcare 1 en die span het hul laaste nooduitroep op aarde gekry. Julle skof is voltooi,” is een van die roerende huldeblyke wat op ’n Facebookblad vir nooddienswerkers geplaas is.

Dr. Scott Bannan, ’n narkotiseur wat saam met Mononyane gewerk het, het hom as ’n nederige, gawe en hoogs begaafde dokter beskryf.

Mononyane was sedert 2016 ’n raadslid van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Narkotiseurs (Sasa).

Sasa sê in ’n verklaring Mononyane was ook deel van ’n span medici wat betrokke was by orgaanoorplantings.

Farrance het in 2012 aan die Benoni High School gematrikuleer.

’n Vriendin van hom, Alice Kallis, beskryf hom in ’n huldeblyk as ’n seëning. Hou aan skyn. Jy het soveel geluk en avontuur in jou gehad."

Kabelo Ledwaba, woordvoerder vir die Burgerlugvaartowerheid (BLO), sê die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Blomme en kerse op die helikopterlandingstrook by die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg. Foto: Verskaf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.