Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Naspers vereer werkers, vennote voor jaarvergadering
naspers
Colin Piers, ontvangsklerk en argief-assistent by Huisgenoot, YOU, DRUM en Move! Hy het die voorsittersprys vir sy buitengewone bydrae tot Media24 ontvang. By hom is prof. Rachel Jafta, voorsitter van die Media24-direksie en Koos Bekker, voorsitter van Naspers, Foto: Emielke Van Wyk Borst

Die Naspers-groep het Donderdagaand werknemers en vennote op ’n dinee in Kaapstad vereer op die vooraand van die maatskappy se algemene jaarvergadering.

Onder diegene wat vereer is, is Colin Piers, ontvangsklerk en argief-assistent by Huisgenoot, YOU, DRUM en Move! Hy het die voorsittersprys vir sy buitengewone bydrae tot Media24 ontvang.

Dié prys word toegeken aan ’n werknemer wat altyd die ekstra myl vir sy maatskappy loop.

Vanjaar is die Phil Weber-prys, die groep se hoogste erkenning vir prestasie, aan Nico Marais, Naspers se hoofbestuurder vir finansies, en Wayne Benn, hoof van samesmeltings en verkrygings in Naspers se regsafdeling, toegeken.

Marais en Benn was albei betrokke in die groep se groei, die bestuur van die kompleksiteit van sy wêreldwye uitbreiding, en om te help om die Naspers van vandag te skep.

Hul werk laat die nalatenskap van dr. Phil Weber, voormalige besturende direkteur en later voorsitter van Naspers, voortleef.

Die wenners word beoordeel op grond van agt kriteria, naamlik inisiatief, volharding, dryfkrag, bekwaamheid, etiese gedrag, lojaliteit, leierskap en integriteit.

“Om dié prys te ontvang is ’n reuse-eer vir my,” sê Marais.

“Dit is regtig ’n voorreg om deel te wees van so ’n besondere en opwindende organisasie. Ek is dankbaar vir die erkenning wat moontlik gemaak word deur die steun van uitsonderlike leiers, kollegas en spanne.”

“Ek voel ook geëerd om die toekenning te ontvang, veral gegewe die kaliber van mense wat dit voor my gewen het,” sê Benn.

“Dit getuig ook van die toegewyde mense in Naspers se regspan vir samesmeltings en verkrygings.”

Naspers vereer ook elke jaar ’n uitnemende sakevennoot met die Orde van Tafelberg. Vanjaar se eerbewys gaan aan Schibsted, Naspers se vennoot in die onderneming vir aanlyn geklassifiseerde advertensies OLX Brazil die afgelope vyf jaar.

In dié tydperk was Schibsted ’n hoogs gewaardeerde vennoot van Naspers. Die snelgroeiende OLX Brazil bedien nou 46 miljoen klante maandeliks.

* Netwerk24 behoort aan Media24, ’n filiaal van Naspers.

Meer oor:  Jaarvergadering  |  Toekennings  |  Sake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.