Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Nederlandse sangeres (15) bring geluk na skool in Potch

Die Nederlandse sopraan Amira Willighagen (15) het vandeesweek haar eerste speelterrein geopen wat spesifiek gebou is vir kinders met spesiale behoeftes, hetsy geestelik of fisiek.

Amira Willighagen Foto: Verskaf

Die nuwe speelterrein vir die Ikalafeng School in Potchefstroom, Noordwes, is Woensdag bekend gestel.

Toe Amira te hore gekom het van dié skool, het sy gedink om vir dié kinders met spesiale behoeftes dieselfde kanse te gee as vir niegestremdes.

“Ek dink dit is baie belangrik dat ook kinders met gestremdhede toegang het tot ’n speelterrein, want al die kinders in die wêreld verdien dit om te speel en elke kind wil speel,” het Amira Vrydag by navraag deur ’n WhatsApp-stemnota laat hoor.

“Gestremdes kry nie regtig die geleentheid om baie goeters, soos speel, te doen nie. Om hulle dan te sien speel en dit te geniet, soos wat kinders eintlik moet doen, is dit die wonderlikste gevoel ooit.

“Hulle is sulke wonderlike kinders wat ook baie talente het, soos sing of dans, en net nie dieselfde geleenthede kry as ander kinders nie.”

Toe Amira met die opening van die nuwe speelgrond sien hoe die kinders speel, was sy “ ’n bietjie emosioneel”.

“Jy sien hulle net lag en speel en die lewe geniet. Dit is wonderlik om dit vir hulle te kon gee.”

Hoewel speel pret is, is dit ook baie goed vir kinders se gemoed en dit bou vaardighede en selfvertroue, sê Amira.

Amira Willighagen Foto: Verskaf
Amira Willighagen Foto: Verskaf

Lees ook: Jong sangeres uit Nederland kom bly in Potch

Dit is die agtste speelterrein wat deur Amira se liefdadigheidstigting, Gelukskinders, gebou is.

Die bekendstelling van die nuwe speelterrein sit Amira se droom voort dat alle kinders gelukkig in hul skole en gemeenskappe moet kan speel. En dat hulle ’n spesiaal aangewese terrein moet hê om dit te kan doen.

Haar eerste speelgrond is in 2014 in Ikageng gebou, toe sy nege jaar oud was. Amira se uiteindelike doel is om al 37 skole in die Tlokwe-distrik (Potchefstroom) van ’n speelgrond te voorsien.

“As ek daai kindertjies sien lag en smile en speel, dan word ek weer herinner hoe mooi die lewe eintlik kan wees. Dit maak my baie gelukkig en laat my partykeer vergeet van my eie probleme of struwelinge as tiener,” sê Amira.

Amira en haar stigting gaan ook skole van sporttoerusting voorsien, veral vir ouer leerlinge.

Amira Willighagen by die Ikalafeng School in Potchefstroom, Noordwes. Haar liefdadigheidstigting, Gelukskinders, het ’n speelgrond vir dié kinders met spesiale behoeftes gebou. Foto: Verskaf
Amira Willighagen tussen kinders van die Ikalafeng School in Potchefstroom, Noordwes. Foto: Verskaf
Amira Willighagen lewer ’n toespraak by die Ikalafeng School in Potchefstroom, Noordwes. Haar liefdadigheidstigting, Gelukskinders, het ’n speelgrond vir die kinders met spesiale behoeftes van dié skool gebou. Foto: Verskaf
Leerlinge van die Ikalafeng School in Potchefstroom, Noordwes. Foto: Verskaf

Meer oor:  Potchefstroom  |  Nederland  |  Sangeres  |  Liefdadigheid  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.